GRUNAU CHALETS

Goed toegeruste selfsorg akkommodasie in Grunau Namibië

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Grunau Chalets - Algemeen

Indien jy op soek is na bekostigbare, netjiese en ten volle toegeruste selfsorg akkommodasie in Namibië, hoef jy nie verder as Grunau Chalets te soek nie. Die plek is ook bekend as Grunau Motors Inn.

Grunau Lodge is in 1996 gebou om selfsorg akkommodasie (chalets en ‘n kampterrein) vir reisigers oppad tussen Kaapstad in Suid-Afrika en Windhoek in Namibië te bied.

Die Ligging

Grunau is ‘n piepklein dorpie in die suidelike streek van Namibië, 140 kilometer noord van Noordoewer.

 

Akkommodasie

Die ses selfsorg chalets is ten volle toegerus. Elke staanplek in die kampterrein bied elektrisiteit, asook ‘n eie stort, toilet, braaiplek en opwasplek. Grunau Lodge bied ‘n perfekte oornagpunt vir toeriste wat tussen Namibië en Suid-Afrika op reis is.

Na ‘n lang dag agter die stuurwiel is die regte medisyne ‘n verfrissende stort. Daarna steek jy die kampvuur aan en kyk na die Namibiese sonsondergang.

 

 

Aktiwiteite

Grunau Lodge bied ook ‘n restaurant (waar jy die beste tuisgemaakte pasteie in die land kan koop), winkel (waar jy enigiets van ‘n poskaart tot die lekkerste Namibiese biltong kan koop) en kiosk. Die ontvangskantoor van die Grunau Lodge is maklik om te kry: reg langs die Shell garage op die hoofpad in Grunau, Namibië.